Wilhelm Jordaan

//Wilhelm Jordaan

Wilhelm Jordaan is sedert sy aftrede ’n
buitengewone professor in sielkunde aan die
Universiteit van Pretoria, en skryf afgelope
33 jaar elke Woensdag ’n koerantrubriek in
Beeld, en meer onlangs ook in Die Burger en
Volksblad. Hy is ook skrywer/mede-skrywer
van talle wetenskaplike boeke en artikels,
populêr-wetenskaplike publikasies; asook
’n seksvoorligtingsboekie vir kleuters saam
met Ferdinand Deist (Mamma, was ek eers ‘n
bobbejaantjie? ); en ‘n Digbundel (Digterby).